All manuals and user guides at all-guides.com
Afrikáans
Handmenger
ROBOT 1000 INOX
ROBOT 1000 PLUS INOX
Liewe kliënt,
Baie dankie dat jy gekies het om 'n Mellerware-
handelsmerk te koop.
Danksy sy tegnologie, ontwerp en funksionering,
asook die feit dat dit die strengste gehaltestan-
daarde oortref, word die uiters bevredigende
gebruik daarvan en 'n lang produkleeftyd hiermee
verseker.
VEILIGHEIDSADVIES EN
WAARSKUWINGS
- Lees hierdie instruksies
sorgvuldig deur voordat jy die
toestel aanskakel en hou dit
vir toekomstige verwysing.
Versuim om hierdie instruksies
noukeurig na te volg en
waar te neem kan 'n ongeluk
veroorsaak.
- Maak al die dele van die
produk voor gebruik skoon
wat met voedsel in aanraking
sal kom, soos aangedui in die
skoonmaakafdeling.
- Hierdie toestel moet nie deur
kinders gebruik word nie. Hou
die toestel en sy kabel buite die
bereik van kinders.
- Hierdie toestel kan gebruik
word deur mense met
beperkte fisiese, sensoriese
of verstandelike vermoëns of
'n gebrek aan ondervinding
en kennis as toesighouding of
instruksies rakende die veilige
gebruik van die toestel aan
hulle verskaf is en hulle die
1
betrokke gevare verstaan.
- Hierdie toestel is nie 'n
speelding nie. Toesighouding
oor kinders word sterk
aanbeveel om te verseker dat
hulle nie met die toestel speel
nie.
- Die lemme is skerp en kan
gevaarlik wees. Wees versigtig
en vermy direkte kontak met die
snyrande van die lemme.
- Let veral op wanneer die
lemme hanteer word tydens
die montering- en demontering
daarvan, asook wanneer die
bak leeggemaak word en
tydens die skoonmaak daarvan.
- Skakel altyd die toestel af
en ontkoppel dit van die
kragtoevoer as dit onbewaak
is en voordat toebehore
verander word of wanneer
bewegende dele hanteer word
tydens gebruik, montering,
demontering en skoonmaak.
- Wees versigtig as
warm vloeistof in die
voedselverwerker of menger
gegooi word aangesien dit uit
die toestel uit kan spuit weens
skielike stoming.